Sunday, October 12, 2014

Pierre gesels met TLU

Wednesday, November 13, 2013

Tuesday, April 19, 2011

Bosluisaanbieding op Sentrum


Beste Pierre,

Na aanleiding van die aanbieding wat jy by die RPO kongres te Warmbad gemaak het, en jou bereidwilligheid om hierdie aanbieding by boereverenigings ook te maak, sal ek dit hoog op prys stel indien jy vir ons by die Sentrum Boerevereniging vergadering wat op 5 Mei 2011 by die Sentrum Veilingskrale om 14;00 paasvind, die aanbieding te doen.

Graag sal ek wil sien dat die aanbieding ook insluit hoe jou program in die praktyk toegepas kan word.

Hierdiedeel het ontbreek by die RPO kongres. Sentrum is ongeveer 50 km vanuit Thabazimbi in die rigting van Ellisras.

Ek hoor graag van jou. Indien enige koste verbonde is, laat weet aseblief.

By voorbaat dank.

Jan Viljoen

Sel No 083 325 6057

Die antwoord

Beste Jan,

Baie dankie vir jou versoek.

Ek wil graag my reiskostes en algemene drukkostes verhaal en julle kan n bydrae tot my navorsing maak. Julle kan maar spesifiek wees oor wild, bees en skaap of al drie en hoe dit in die praktyk toegepas kan en moet word.


Praktykgerigte uitdaging.

Ek sal graag iemand van julle wat die meeste moeilikheid het as praktykgerigte voorbeeld wil gebruik. Kies julle die produsent onafhanklik.

Kies ‘n produsent met die meeste parasietuitdagings (bosluise, wurms en vlieĆ«) en dan toets julle my met die praktykgerigte oplossing wat julle onafhanklik in die openbaar kan publiseer.

Al versoek wat ek het is dat dit n verantwoordelike produsent sal wees waarmee mens n pad in die openbaar kan loop, respek vir die wetenskap het en waarde aan sy kudde wil toevoeg.

Die produsent moet ook bereid wees dat ek die oplossing en uitdagings kan publiseer.

My voorwaardes is dat die produsent self betrokke wil wees tot sy oplossing (nie sy voorman of enige bestuurder nie) en dat sy oordeel deur julle as waar en reg gerespekteer sal word.

Stuur die epos aan al julle lede, besluit onafhanklik wie dit sal wees.

Laat my weet so gou doenlik sodat sy bosluise geoes kan word en na die Universiteit aangestuur kan word vir toetse en ontledings en dan kan ek dalk daardie dag alreeds dit as voorbeeld gebruik.

Baie groete

Pierre van Niekerk

Tel: 27 (12) 667-4755

Fax: 27 (12) 667-4745

Fax to E-mail: 086-620-1522

Mobile: 0822208386





Posted by Picasa