Monday, April 18, 2011

Bosluise op honde

Posted by Picasa

Bosluise wat op honde voorkom.

Die wetenskaplike name vir die bosluisspesies wat hoofsaaklik aan honde bosluiskoors en bosluisbytkoors oordra, is

  1. Haemaphysalis elliptica of geelhondebosluis en
  2. Rhipicephalus sanguineus of die hondehokbosluis.
  3. Daar is verskeie ander spesies bosluise wat ook op honde kan voed. Interresant genoeg verkies hierdie spesies enkelmaagdiere, wat beteken dat die spesies op ander wilde enkelmaagdiere na jou huis aangedra kan word

Bosluiskoors wat ook galkoors of Babesia canis genoem word, word deur beide van die bosluisspesies oorgedra.

Die bosluisspesie Rhipicephalus sanguineus of hondehokbosluis, dra bykomend ook rickettsiose (tropical canine pancytopaenia of Ehrlichia canis) oor.

Bosluisbytkoors (Rickettsia conorii) word ook deur bontbosluise, grootbontpootbosluis, die bruinoorbosluis, rooipootbosluis en die blinkbruinbosluis na die mens oorgedra.

  1. Al hierdie genoemde bosluise is multigasheerbosluise. Dit beteken hulle voed enkele dae, gemiddeld tussen 4-7 dae op hul gasheer om ‘n bloedmaaltyd neem.
  2. Daarna val die bosluis af, (detach) en kruip die bosluis in skeure, gras, hout hondehokke en Wendy huise se skeure weg om te ontwikkel na die volgende stadia.
  3. Die bosluise kan beide reeds in hul nimfstadia die siekte organisme/s aan hul gashere oordra
  4. Die bosluis in hul larf en nimf stadia is nie maklik met die oog waarneembaar nie. Hul is hulle niks groter as ‘n kopspeld se punt of selfs koppie nie..
  5. Van hierdie bosluise lewe sowat 3- jaar lank.
  6. In daardie 3 jaar voed hul slegs 3 keer, gemiddeld 4- 7 dae per bloedmaal waarna hulle afval
  7. die ander tye is hierdie bosluise te vinde in skeure, krake in hout, graspolle, krakies in die grond, hondehokke en Wendy huise, rou baksteenmure, pleisterkrake, ens.
  8. Hierdie bosluise kan ook wanneer toestande ideaal is, hul lewensiklus in 3 maande voltooi

Beheer

Die hondehokbosluise is redelik uitdagend om te beheer en kan tot so hoog as 5 meter van die grond in skeure of krake in baksteenmure gevind word.

Hoe kom hulle op ‘n erf?

Die bosluise word deur wilde grondlewende voëls en wilde diere soos rotte, slange, muise aangedra en versprei.

Waarom bogenoemde inligting?

  1. Ken jou parasiet, ken sy habitat en tree voorkomend op
  2. Beheer die bosluise op jou deur die honde gereeld te dip en die honde as taxi te gebruik om die bosluise te oes en op te tel, waar hul dan op die honde beheer word met ‘n effektiewe middel
  3. Deur hul slaapplekke skoon te hou
  4. Die hokke met 'n wateroplosbare dipstof te spuit waarin hul veral oornag

Onthou net dat meeste wateroplosbare dipstowwe, selfs die wat op beeste gebruik word, slegs ‘n beperkte nawerking van sowat 3 dae het.

Dit word deur reën maklik verdun word en word ook deur ultravioletstrale onaktief gemaak

Wildparke

  1. Eko-wildparke wat nie wetenskaplike bosluisbeheer toepas nie, is roekeloos en baie gevaarlike plekke om in te bly.
  2. Hulle hou baie kere verkeerde soorte wild en groot getalle wild aan om die plek en belegging aanlokliker te maak.
  3. Daarby is honde ook nog toelaatbaar in van die parke wat die gevaarlik spesies bosluise buite optel en in die huise of selfs net die erf inbring.

Nasorg

Siek diere wat onder antibiotika is kan effe gaar hoenderlewers gevoer word om die rooibloedplaatjies weer op te bou, gedokter met ‘n druppel of wat van LENNON se Staaldruppels.

  1. Onthou net dat die goed sleg is.
  2. Kry altyd saam met antibiotika ligte lakseermiddel om die metabolisme aan te help, veral by diere wat galkoors opgedoen het.
  3. Onthou dat die dier se bloed aangeval is deur die bosluis se toksiene. Dit moet weer opgebou en opgebou word

Belangrik

Onthou om altyd die bosluis te vang en in ‘n klein houertjie te sit met alkohol in, sodat die bosluis geïdentifiseer kan word. Dit vergemaklik behandeling by diere en,

  1. veral by mense is die spesie se identifikasie belangrik omdat dodelike virussiektes soos Kongokoors, Lassa en Arena- virusse deur sekere spesies bosluise oorgedra word.
  2. Sou mens die spesie bosluis kan identifiseer, weet mens wat die bosluis fisiologies kan doen en nie kan doen nie en ook watter virusse die spesie bosluis kan en nie kan oordra nie.

Praat met ‘n spesialis Veearts

  1. wat werklik kennis dra van bosluise wat op honde voorkom want dit is ‘n spesialisveld en algemene kennis gaan veroorsaak dat dier verloor word
  2. maak voor die tyd seker dat die persoon sy werk en veral bosluisgedraagde siektes werklik ken
  3. probeer altyd om eerder voorkomend op te tree deur die diere skoon te hou en gereeld asook voorkomend te dip

Pierre van Niekerk,

0822208386

27(12)6674755

pierrevn@telkomsa.net

1 comment:

  1. Hi Pierre kan jy vi my help om die bosliuse van my hond af te kry asseblief.

    ReplyDelete